WILMA SE BUNNY CHOW
1 kg bees chuck, in klein blokkies gesny
1 groot wortel, in blokkies gesny
2 aartappels, in blokkies
1 ui, opgekap
4 groot sampioene, opgekap
halwe rooi soet rissie, opgekap
150 ml bevrore ertjies
speserye
12,5 ml knoffel in olie
30 ml matige kerriepoeier (ek gebruik STERK kerrie)
30 ml braaivleis speserye
5 ml rissie pitte
2,5 ml swartpeper
sout na smaak
Hierdie wenk is baie belangrik!
Verhit ‘n swaarboom kastrol tot lekker warm.
Braai die vleis in sowat 100 ml olyfolie tot lekker bruin, skep uit.
Braai nou die uie, soetrissie en al die speserye saam tot dit lekker deurgebraai is.
Sit die vleis terug in die kastrol.
Voeg al die groente by die vleis- en uie mengsel, bedek met water tot alles net bedek is, sit die deksel op en verlaag die hitte met die helfte.
Kook nou vir sowat 45 min tot al die groente gaar is.
Indien nog sout nodig is, voeg nou by en kook vir sowat 2 minute.
Roer goed deur.
Sny korsie gedeelte van brood in kwarte.
Hol uit. Verhit botter en verf die brood aan die binnekant.
Skep die vleismengsel in die brood.
Skep bietjie blatjang op en strooi klein bietjie gekapte tamatie op.
Bedien dadelik… dit moet nog lekker warm wees.
(verkrummel die brood wat uitgehaal is, droog dit by 180°C in die oond, ek hou om hoender/vark/bees te bedek wanneer schnitzel gemaak word)
Resep en foto: Wilma Josey Venter