INDIESE RYS EN MAALVLEIS

tested

INDIESE RYS EN MAALVLEIS
500 g maalvleis
2 rooi uie gekap
2 knoffelhuisies gekap
2 rissies ontpit en gekap
Sout, peper
1/4 teelepel elk van garam masala, fyn komyn, fyn koljander en kerriepoeier
2 koppies gaar rys
500 g gevriesde ertjies

Braai uie in olie tot sag, voeg knoffel, rissies, sout, peper en speserye by. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Voeg dan gaar rys en ertjies by. Roer goed deur. Draai hitte af tot laagste en laat vir 5 min stowe tot ertjies warm is. Bedien met mengelslaai.
Foto en resep: Susan Snyman La Grange