BESTE MAALVLEIS SKONSGEREG
Olie
1 uie gekap
1 teelepel vars knoffel
700 g maalvleis ( ek 500 g gebruik)
2 eetlepel worchestersous
2 ml sout
Peper na smaak
1 eeetlepel pietersielie
1 koppie bevore gemengde groente
1 pakkie soppoeier
1 1/2 koppie kookwater
Braai ui en maalvleis en meng res van die bestanddele by en braai so 5 min.
Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Skons bolaag:
2 koppies bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
1 ml sout
Peper na smaak
3 eetlepels botter
2 eetlepels pietersielie
1 blik suikermielies
1 eier
Bietjie melk
Sif droe bestanddele en vryf botter in tot krummels. Meng die res by en skep bo op die vleis! Bak 35 min by 200ºC.
Smaak was baie lekker, maar ek sal die skonbolaag halfeer want hy is Baie !!
BRON EN FOTO: Benhet Nieuwenhuis
geskuif
Baie lekker!!! Halfeer die skonbolaag anders raak hy te dik.