BAUMKUCHEN-BOOMKOEK
Hierdie is ‘n tradisionele duitse koek en omdat hy soveel lagies het en hy tradisioneel gebak word oor ‘n roller wat dan ‘n gat in die middel maak, laat dit jou dink aan die jaarringe van ‘n boom en vandaar die naam. Baie lekker, glad nie soet nie. Ek het dit vanmiddag in Philipstown geeet, en die eienaar van Bokskryt het toe die resep met my gedeel. Probeer dit gerus.
2 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
3 eiers
knypie sout
½ koppie gesmelte botter
melk
Maak bg bestandele aan om soos pannekoek beslag te lyk, nie te dik nie.
Gebruik 2 koekpanne (losboom panne as jy het)
Skep ‘n sop lepel vol (ongeveer 200ml) op ‘n slag in elke pan en bak onder die “griller” van die oond tot goud bruin… neem ongeveer 3-5 min
Haal uit en herhaal die proses, gooi die nuwe deeg op die gaar pannekoek en bak weer, herhaal tot die beslag op gebruik is.
Laat afkoel, haal uit en sit die twee koeke op mekaar met sjokolade ganache, versier dan ook bo-op en rond om met ganache en amandel splinters.
Geniet hom
Rina Kleinhans – Bokskryt Phillipstown
Joey Brummer
En so lyk my weergawe van ” Boomkoek”. Wat n maklike resep, tot my kleindogter van 9 het gehelp met die koek ek het basies net gebak.
Ek het net die mengsel gedeel in 2 en kakao by gesit met 3 tl suiker so gebak, laat koud word. Opmekaar gesit met fyn aarbeijam en toe die kakao ising oorgesmeer en klapper bo-oor gegooi.
Geskuif