MAKLIKE EN VINNIGE PANKOEK
3 koppies koekmeel
1 koppie sagte margarine
1 koppie melk
1 teelepel vaniljegeursel
1 en 1/2 koppie suiker
4 eiers
4 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
3 teelelpels kakao vir ‘n sjokolade koek
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klop goed vir sowat 3 minute, tot beslag glad is.
Smeer pan met botter of spray met spray en cook.
Bak vir 180 ºC vir plus minus 30 tot 40 minute.
Resep: tannie Cathleen de Villiers se resep
Foto: Marie Rheeder Troskie
Susan Clarke
Ek het die koek gister gebak het nie botter gehad nie maar toe olie gebruik en dit was n groot sukses lekker koek ek sal se flatervry koek.
Marie Rheeder Troskie:
Ek het ook ‘n halwe koppie water met halwe koppie suiker met 3 eetlepels botter saam gesmelt en warm gemaak in die mikrogolf en sommer oor die koek ook gegooi. Vir die versiering het ek versiersuiker met klein bietjie water en botter gemeng met 2 eetlepels cacoa om kleur te gee. Of jy kan as jy nie cocao het nie net wit versiering hou of ‘n bietjie koffie by sit en goed meng.