KOOL-EN-AARTAPPEL CHAKALAKA GEBAK
Bestanddele:
helfte van ‘n groot koolkop, fyngekerf
10 medium aartappels in ringe gesny
1 blik mild en spicy chakalaka
500ml room
kaas (opsioneel)
Metode:
Laat die fyngekerfde kool in kookwater staan tot effens sagter. Dreineer goed. Skep in n lagie in oondvaste bak. Smeer nou die chakalaka oor. Pak n laag van die aartappels, net so rou, oor. Geur met sout en peper of spices van jou keuse. Gooi room oor en bak in die oond tot die aartappels gaar is. Ongeveer ‘n uur by 180 grade. Indien verkies kan kaas oorgestrooi word.
Bron: Jacques Marianne Van Niekerk