2 blikkies tuna,
8 opgekapte peppedews,
5 groot agurkies waarvan 1 fyn opgekap vir deur die tuna en die ander in repies gesny vir versiering, kwart komkommer sonder skil in halwe skyfies gesny,
5 free range groot eiers gekook vir 7 minute en afgespoel met koue water en in skyfies gesny,
2 groot rooi tamaties in skywe gesny,
slaai blare,
kool slaai met wortel in (Die sakkies wat jy on die winkel koop)
Spur sous so 6 eetlepels
Lancewood se balsamic en onion dip 3 eetlepels,
sout en peper,
paprika poeier en
1 ui fyn gekap.
Meng die tuna in ‘n bak met die Spur sous, balsamic onion dip, sout, peper, opgekapte peppedews, opgekapte agurkie, fyn gesnyde ui, kool slaai en meng alles saam. Dan sit jy die slaai op ‘n mooi bord en met ‘m roomys lepel sit jy 3 bolletjies tuna bo op die slaai. Dan maak jy die bord en slaai mooi met die tamaties, eiers, komkommer en agurkies. Strooi bo oor die eier paprika poeier.
Lekker smul
Foto en idee: Claudia Bellink