Lasagne met ‘n twist, ons ete vanaand konyn lasagne !!!
Die ding het so begin: ek het 2 aande terug vir my man gekookte kos gemaak en hy was lus vir konyn, nou wel al wat lekker vleis het aan ‘n konyn is maar net soos ‘n hoender die dytjies en boutjies, die konyn word so gebraai
BAIE BELANGRIK, sout en peper jou konyn voor jy hom braai, dan in ‘n swaar boom kastrol gooi (vir ‘n hele konyn 1/2 lb botter) nie margarien nie BOTTER, laat dit bruin bruin word net so voor hy gaan brand dan sit jy jou konyn in en laat braai en seel aan beide kante, hou dop !! as die botter min raak gooi so 500ml+ water by en draai die hitte af na lae temp toe…. kyk maar kort kort want hy gaan water wil he. Die deksel moet ook nie toe op die pot wees nie anders kook jy die konyn en dis jiggg. na so +/- ‘n uur is jou konyn reg , dit gaan jou keuse wees of jy hom gaan uitlos of hom opeet as daar iets oorbly kan jy die Lasagne maak
Goed as daar konyn oorbly ontbeen dit en hou jou vleis so heel as wat jy kan, wat ek hier gedoen het is soos volg, uie gebraai en die opgesnyde konyn bygevoeg, bietjie knoffel, sundried tamaties so 6 opgesny, en soos dit kook die sous van die konyn wag gebraai was bygevoeg om smaak te gee, DIS AL .. vir my ‘n witsous gemaak en dan my lae begin pak soos volg, eers witsous dan lasange velle(tuis gemaak) maar gekooptes sal ook werk , werk net ‘n extra 20 min in by jou kooktyd en meer vog, klein bietjie uie en tamatie (vars) tussen die lae gegooi en laastens geeindig met witsous en klein bietjie mozarella en rooi pepper vir garnering, as jy hom bak maak hom toe met foil (blink kant buite as jy droe pasta gebruik) en laat gaan so eke dink in my oond so 45min @ 180
BRON – Ilona Turner