AF-EET VERJAARSDAGKOEKE
Hierdie soort koeke is baie gewild by veral kleuters. Dit bestaan basies uit kartondoosvorms wat met eetgoed versier word.
Algemene wenke
1. Die grootte van die kartondoos wat gebruik word, hang af van die onderwerp.
2. Trek die karton met tinfoelie oor.
3. Heg die dele van die kartonkonstruksie dan aanmekaar met maskeerband of krammetjies.
4. Die hoeveelheid koekies, lekkers en beskuitjies hang af van die grootte van die “koek”.
5. Die koekies en lekkers word met koninklike versiersel op die tinfoelie vasgeplak.
6. Gebruik ‘n stewige basis, byvoorbeeld ‘n skinkbord of plank.
Ingestuur deur: Hannetjie Snyman