1

SJOKOLADE FUDGE

tested
SJOKOLADE FUDGE
Ek het ‘n sjokolade fudge resep ook. My tannie het dit altyd gemaak, met sukses, ek het probeer met minder sukses, maar ek dink ek het melk ipv room gebruik. Miskien maak die room die verskil.
500 ml suiker
190 ml room (3/4 koppie)
30 ml stroop
30 ml kakao
45 ml botter
1 teelepel Vanilla

Meng suiker en kakao, voeg stroop en room by en roer oor stadige hitte tot suiker gesmelt. Laat dan stadig kook sonder om te roer tot mengsel sagte bal vorm. Voeg botter by en haal van plaat af – moenie roer nie. Laat afkoel tot jy die kastrol op jou hand kan laat staan sonder om te brand. Roer dan met houtlepel tot dik en romerig, voeg vanilla by. Gooi in gesmeerde pan en sny.
Bron:  Hettie Theunissen