KLAPPER POEDING
4 eiers
50 ml margarien
250 ml suiker
125 ml koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
250 ml klapper
5 ml vanielje
Plaas bestanddele in ‘n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. Giet in ‘n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 -55 min. by 180 grade C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol is. Dis heerlik en super maklik om te maak. Bedien met vla dan is hy nog lekkerder
RESEP INGESTUUR DEUR – Jelana Van der Merwe
Jelana Van der Merwe – Het hom al n paar keer gemaak.