1

HAMBURGER TERT

hamburger tart

HAMBURGER TERT
6-8 hamburger broodrolletjies
500 g maalvleis
1 ui
speserye
1-2 blikkies tamatie en uie smoor
1 liter kaassous
1 koppie kaas, gerasper
Mikrogolf die maalvleis en ui (in ringe gesny of gekap) in ‘n Medium Gournet Roaster vir 5 minute. Sny die broodrolletjies in die middel deur. Plaas die onderste gedeelte van die rolletjies in ‘n Extra Large Oval Roaster en gooi die tamatie en uie smoor oor die rolletjies en daarna die maalvleis en ui bo-op die smoor. Geur na smaak. Gooi 500ml van die kaassous oor die maalvleis. Pak die boonste gedeelte van die broodrolletjies op en gooi die oorblywende kaassous oor. Strooi kaas oor en bak teen 160°C vir 20 minute.

Resep: Cornelia Bosman Walkinshaw