ESTELLE SE “FRUIT COCKTAIL” POEDING
Ok hier kom dit, dit is onmoontlik om die pudding te flop en hy vries baie lekker.
Fruit cocktail(kan ook 3 piessangs gebruik of blik koejawels in plaas van fruit coctail. Ek verkies koejawels)
2 koppies bruismeel
1 1/2 koppies suiker
2 teelepels koeksoda
2 eiers
1 meduim blik fruit cocktail
Meng als en bak so 30 min(tot goudbruin) in oond van 180ºC
Stroop
1 koppie bruinsuiker
1 teelepel vanilla of caramel essence
1/2 koppie klapper
2 eetlepels botter
1/2 koppie melk
Kook 5 min en gooi oor koek as dit uit die oond kom.
Ek hou van die poeding baie klam en verdubbel die stroop
Resep: Estelle Krüger Van Pletzen