JOEY SE HOENDERPASTEI
Kook hoender sag, ontbeen en sny in kleiner stukkies, braai uie, bacon peppers ( enige kleur) mushrooms saam tot sag en glansig
Meng pakkie Mushroom sop Poeier met 1 Koppie van die water waarin hoender gekook is
Voeg 1 Koppie gerasperde Cheddar Kaas daarby en meng me hoender vleis, skep in oond bak, smeer deeg (gevriesde deeg of Fillo velle kan gebruik word) met geklitste eier geel
Bak in oond 160 grade tot mooi bruin en crispy, met gevriesde deeg, laat+- 30 MIN in vrieskas staan voor dit gebak word.
Ek het hier Phyllo velle gebruik, bedien met Griekse Slaai of enige ander groen slaai.
Hierdie Pastei IS n treffer hoor, julle sal sien, daar kom GEEN Sout by nie, die bacon en Soppoeier maak dit Sout genoeg, Peper kan na smaak by gevoeg word
Resep en Foto: Joey Esterhuizen