GESTOPTE WILDSBOUDJIE
Hier is nou die SONDAG WILDS boudjie wat oond toe gaan.
Gestop met knoffel, naeltjies, skaapstert, Atchar uie, en DAN… het ek daai boudjie DRAPEER in lekker sagte BOERBOK se SPEK – NIE VARK BACON NIE!
Nou bak dit stadig op 120°C in die oond.
±- 1.5kg boud, ontbeen
1 eetlepel tafelsout
1 teelepel swart peper
1 teelepel Masala
1 teelepel mostert poeier
4-6 heel naeltjies
2 eetlepels rou heuning
4 eetlepels regte olyf olie
200 ml ligte Rose wyn
3 knoffelhuisies, gesny
1 ui, in stukkies gesny
1 groot aartappel, in blokke gesny
paar repe skaap stert vet
Meng al die bestandele saam. Steek die boud met ‘n breëlemmes VOL gate, en laat dit in die mengsel lê vir 12 – 24 uur.
Stop nou die boud met alles wat in die sous lê, trek dit met spek oor, en bak vir 1 uur op 120°C. Laat dit nou “GRILL” vir nog so 20 minute totdat die spek lekker krispie is.
Haal uit, sny in skywe, en bedien met bykosse van eie keuse.
Resep en foto’s: Stefaans Blaauw
geskuif