BESTANDDELE:
500 gr ryp tamaties (ongeveer 6 tamaties)
500 gr strooisuiker
1 duim grootte stukkie vars gemmer (opsioneel)
1 teel suurlemoensap
METODE:
Sny ‘n kruis in die tamatieskil aan die bokant
Gooi kookwater oor hulle net tot hul toe is onder die water en laat staan vir 10 minute
Nou sal hul maklik skil
Sny in kelin stukkie
Skil die gemmer en sny dit in 2 stukke
Sit die suiker, tamaties en gemmer in ‘n sop pot en laat dit staan vir 2 ure
Sit ‘n klein potjie op ys wanner jy begin met jou konfyt
Gooi die suurlemoensap by en sit jou stoof op lae hitte roet die mengsel sodat al die suiker oplos
Draai die hitte op hoog tot die konfyt begin kook, hou aanmekaar roer ( dit sal skuim maak en borrel)
Hou aan roer en kook vir ongeveer 10-12 minute of tot die water meestal weggekook het en tot die mengsel ‘n mooi blink rooi is
Skep ‘n teelepel konfyt in die koue houertjie en kantel dit effe na ‘n paar sekondes. As die konfyt soos stroop loop kook nog, as dit dik soos konfyt is is jou konfyt gereed
Haal die gemmer uit
Goo die konfyt in 3 klein botteltjies of 2 medium bottels wat gesteriliseer is en seel die bottels
Jy kan die bottels nog steriliseer deur die bottels in kookwater te sit vir 10 minute (jou keuse)
As jy dit doen haal dan uit die water, maak droog en laat afkoel vir 24 uur voor gebruik.
Ek het net die resep dubbel aan gemaak
Resep en foto: Cynthia Bester Jones
Posted: Amanda Conradie