WORS IN DIE PAN
Ek maak een maal n week wors in die huis. Maak nie saak of in n pan op die stoof of in die elektiese braai pan. As jy jou wors in die pan sit gooi water tot die vlak van die water die helfte van die dukte van die wors is. Sit die hitte op 50% van die maksimum van die plaat. Ek hou meer van die elstriese braai pan maar die prensiep is dieselfde. Sit n deksel op jou pan en laat stadig kook. Jy hoef nie om te draai nie. Ek skuif net liggies die wors rond om seker te maak dit brand nie vas nie. Sodra die water op gekook is sal daar net vet agter bly in die pan en die hooeveelheid vet in die pan word bepaal deur die persentasie vet in die wors. Haal nou die deksel af. Oppas vir vet wat kan spat. Nou draai jy die wors versigtig om dat dit nie breek nie. Braai net bruin altwee kante. Op die foto sal jy sien die wors het baie min vet gehad en die is nog net een keer gedraai. N mens moet wors voor jy aan dit sny nadat dit gaar is eers bietjie laat afkoel so 5 minute sodat die sous kan stol ander gaan alles uit loop as jy dit sny
Bron: Koos van der Merwe