RESEP BESTANDELE.
4 lb Meel 2 kg
3 lb Geel Suiker 1.5 kg
1 Eetlepel Kaneel
1 Eetlepel Gemmer
1 Eetlepel Fyn Naeltjies
1 Klein pakkie Koeksoda 14 gram
1 lb Botter/Margarine 500 gram
1/2 lb Varkvet alt 1x Koppie Kookolie
1/2 pint Soetwyn 300ml
4 tot 5 Eiers
1) Meng die eerste 6 droë bestandele goed saam
2) Smelt die Botter
3) Klits die eiers
4) Meng Botter,Eiers Kookolie en Wyn deeglik saam
5) Meng alles saam en knie baie deeglik
6) Los deeg vir minimum 2 ure voor jy koekies maak.
7) Druk deeg nou deur Meul om vormpies te maak
8) Sny vormpies in lengtes
9) Plaas vormpies in ingesmeerde bakpan
10) Bak koekies op 180 grade Celsius vir ongeveer 15 minute tot gaar
11) Laat afkoel en plaas opmekaar met Versiersuiker Vulsel
Tannie Stander het hierdie resep gekry by Bonnievale boere ongeveer 55 jaar terug.
Geplaas deur Percy Hall