BOEREWORS KOOL FRIKKADELLE
My ma het die koolblare in lou water laat lê oornag en so 5 min gekook
Sy het die boerewors tot amper gaar gebraai in ‘n pan
Sy het uie en tamatie sous gemaak tot in ‘n pasta in
My ma het kapokaartappels gemaak en avos fyn gedruk met “plain” jogurt in.
Dan het sy die koolblare gevat en die boere wors in die lengte deur gesny en op die koolblare gesit,
My ma het dan die kapokaartappels op die boerewors gesit en toe die uie en tamamtie sous, met die avo bo op.
Dan het sy dit in ‘n pakkie toe gevou en vas gesteek met tannestokkies en in die oond gebak vir so 45 min.
BRON – Cindie Lubbe