Kook die soetrissies, uie en 1 teelepel sout saam in water en dreineer.
Meng die suiker, asyn, mosterdpoeier en 1 teelepel sout saam in ‘n groot pot.
Smelt alles saam, maar moenie kook nie en haal van die stoof af.
Giet die geklitste eiers stadig by die mengsel in die pot.
Roer die Maizena mengsel by.
Sit die pot terug op die stoof en kook deur terwyl jy roer.
Skep die soetrissies by, kook weer deur en bottel warm.
Nota:
Ek het 2 kg soetrissies gekoop. As alles uit is wat moet uitkom, is daar ongeveer 1.5 kg oor.
BRON – Annie Knoesen
geskuif