SLAP DEEG SKONS MET VULSEL
Kyk hoe lekker het ek gespeel met die baie populere “skon tipe degie” Ek het net die deeg gebak sonder ‘n vulsel, julle sal sien hy vorm so mooi dekseltjie, toe dit uit die oond kom het ek die dekseltjie mooi uitgesny soos op die foto, die gaatjie vol botter en kaas gemaak weer die hoedjie opgesit en hom bietjie laat staan tot die kaas gesmelt was. Dit is regtig heerlik en dit is fantasties vir die kosblik as jy nie noodwendig vleis het om in te sit nie.
SLAP DEEG SKONS MET VULSEL
Deeg:
Klits saam:
3/4 koppie melk
1/2 koppie olie (kan minder ook gebruik)
2 eiers
1 koppie meel (Glutenvrye broodmeel gebruik)
1/3 koppie semels (opsioneel)
3 teelepels bakpoeier
1/4 teelepel sout
1 teelepel mosterd poeier
Meng alles goed saam
Spuit muffin pan met 6 gaatjies
Deel die deeg tussen die gaatjies
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180ºC)
Sny Hoedjie af en sit vulsel van jou keuse binne in, plaas hoedjie weer terug. Geniet
Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans
Geskuif