Dan vir die “Ekstra Bestanddele”:
200 g all bran flakes
150 g gekapte dadels
150 g rosyne
150 g sultanas
100 g gemengde neute
100 g klapper
100 g semels
100 g gemenge sade
3 ml karamel geursel
3 ml fyn kaneel
Smelt botter en bruinsuiker, en laat effens afkoel.
Meng al die droë bestanddele goed deur.
Klits eiers en karringmelk goed deur.
Voeg al die nat bestanddele by die droë bestanddele.
Meng goed deur. Skep in beskuit pan en maak gelyk.
Bak teen ±170ºC vir 25 min, dan teen ±150ºC vir 25 min.
Nota:
Hierdie tipe growwe/bruin beskuit moet verkieslik oornag ‘rus’ want dis baie brekerig as jy dit dadelik wil droog. Ek sny dit terwyl dit nog warm in die pan is, maar droog dit eers die volgende dag wanneer ek van die werk af kom, en dit tyd gehad het om te settle.
Vir die batch in die foto, het ek die volgende bygesit:
200 g dadels, grof gehalveer
100 g sonneblom saad
50 g sesame saad
50 g poppie saad
100 g sultanas
100 g rosyne
100 g amandel vlokkies
100 g klapper
150 g cake mix
50 g semels
50g muesli
150 g all-bran flakes
1 teelepel kaneel
1 teelepel sout
2 teelepel bakpoeier
5 ml vanilla
Bak vir 1h by 150ºC (ek het n thermofan oond, ek roteer die pan elke 20 min.)
Resep en foto: Meyer Combrinck
geskuif