GEURIGE VARKBOUD
Wat vir ‘n groentjie nog makliker gaan wees, is na die kook en velletjie afgetrek is, sit die varkboud in ‘n oondpan, meng half koppie van elke blatjang en mayonnaise, gooi so ‘n koffiebeker water in jou oondpan, plaas varkboud daarin, gooi effens sout en peper, gooi jou blatjang-mengsel oor, plaas jou oond op 100 grade C, en sit dit oornag in die oond. Dit sal geurig gaar word, sonder dat jy jou daaroor hoef te bekommer.
BRON – Ria Magdalena Susanna