BACON, KAAS EN SPINASIE TERT / SKONS / BROODJIE

2015-01-25-bacongaartested
BACON, KAAS EN SPINASIE TERT / SKONS / BROODJIE
2 koppies bruismeel
Knippie sout
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel mosterdpoeier
2 koppies double cheddar kaas (of enige skerp gegeurde kaas van jou keuse)
2 koppies gekrummelde bacon stukkies gaargemaak
2 handevol rou spinasie (fyn gesnipper)
8-9 spriet uie (fyn gesnipper) rou
500 ml karringmelk
2 eiers

Meng meel, sout, bakpoeier, mosterdpoeier, kaas, bacon, uie en spinasie
Klits karringmelk en eiers apart
Meng alles saam
Gooi in bak wat gespuit is met Spray en Cook of iets dergelyks
Bak teen 360F / 180 ºC tot gaar.
As toetspen skoon uitkom is dit reg, so ±40 minute en mooi goudbruin bo-op.
Al moet ek dit nou self sê, dit ruik heerlik noudat dit warm uit die oond gekom het. Net afkoel dan het ons aandete saam met met ‘n heerlike groenslaai.

Eerste foto is Rou en die 2de een is die gaar en klaar produk

NOTA:  Ek wil net byvoeg dat ons dit toe gisteraand ge-eet het met ‘n slaaitjie en dit was heerlik. Iets om te onthou: Jy kan dit beslis ook in ‘n kollewynpannetjie maak, en gebruik as ‘n skon of broodjie en jy kan eintlik maar enige iets (vleis en geurmiddels) insit wat jy het, want dit is baie veelsydig en sal werk met wat ook al jy beskikbaar het.

Ek het dit wat oor was in blokkies gesny en in snack pakkies gesit en gevries vir die komende week

Bron: My eie konkoksie wat ek saamgegooi het – Esme Slabbert