APRICOT FUDGE SLICE MIX

APRICOT FUDGE SLICE MIX
Sit in ‘n mooi flessie en gee as geskenk
1 pakkie beskuitjies, gekrummel. half koppie fyngesnyde appelkose. kaartjie lees: voeg half blikkie kondensmelk en 125gr botter by. Meng en druk in pannetjie, sny in blokkies.
Dis heerlik, het so iets gekry vir kersfees.
Ons het dit in ‘n flessie gekry met ‘n naam vir “In case of Emergency”.
Ek reken mens kan enige vrugte byvoeg, selfs bietjie neute. Eksperimenteer. Ek weet dit werk maklik en is heerlik. Pas perfek in fudge pannetjie.

Anita Fletcher