Petronella De Lange Brynard – Middag, het enige iemand vir my ‘n aartappelslaai resep sonder mayonnaise asb?
Robert van Dijk – Griekse yogurt?
Annetjie Laughland – Ek braai gewoonlik blokkies gesnyde aartappels net in botter. Dis vir my lekkerder as met mayonnaise.
Sandra Du Preez Thirion – Klein baba aartappeltjies, bacon, sprietuie en honey en mustard slaaisous.
Maria Mynhardt Swanepoel – Ek gooi kwart koppie asyn, halwe koppie olie, jou keuse, sout en peper meng heerlike slaaisous.
Olivereen Van Der Merwe – Slaaisous (heerlik). Verhit 3 koppies, water en 1 koppie suiker. Klits 1 koppie asyn en 2 eiergele, roer by. Meng 1 eetlepel vlapoeier, 1 eetlepel meel, 1 teelepel mosterdpoeier en sout. Meng alles saam oor hitte, roer pal tot verdik. Dit moenie kook. Gebruik oor aartappels of groenbone of uie vir slaai. Geniet dit.
Marésa Nortjé – Ek kook aartappels gaar en eenkant in swart swaarboom pot of lekker groterige pan lekker baie uie bruin gebraai in olie, gooi aartappels by met vars gemaalde swart peper en vars gemaalde sout, kan ook vars pietersielie by voeg, gooi bietjie melk by sodat dit nie te styf is nie, heerlik saam met eintlik enige ete, ek is lief om dit saam met braai vleis te bedien. Kan ook bacon saam met uie braai, ook baie lekker.
Debbie Willemse – wat van room aartappels was nog altyd lekker.
Michelle Wolmarans – Baby potatoes cooked and add parley, garlic, salt, pepper and butter. Cook through and enjoy or cook potatoes and put aside. Fry bacon, onion and garlic, then add cooked potatoes. Heat and eat.
Elbie Van Den Berg – Kook aartappels sag. Gooi olyfolie, balsamiese asyn sout en peper oor terwyl aartappels nog warm is. Voor jy dit bedien kan jy pietersielie, gekapte /gebraaide uie, knoffel ens. bygooi, ook eier of waarvan jy hou. My een kind eet nie mayonnaise nie ,maar is mal oor die aartappelslaai. Geheim is om olie en asyn oor te gooi solank aartappels warm is dan absorbeer dit die geure.