OUTYDSE GEMMERKOEKIES

OUTYDSE GEMMERKOEKIES
Hi almal, hier is die gemmerkoekie resep waarmee ouma so fluks gehelp het vir almal wat hom wil he!
Gemmerkoekies:
6 koppies meelblom
250 g margarien
2 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
2 eiers
1 koppie gouesroop
3 teelepels koeksoda (aangemaak met 2 eetlepels melk)
1/4 teelepel sout

Klits margarien en suiker goed, dan eiers. Gooi stroop en gemmer by dan koeksoda.
Sif meel by en meng goed.
Maak bolletjies en druk plat met jou duim net effens in gesmeerde pan.
Bak @ 180ºC tot gaar en bruin.
Resep en foto: Bets Lourens‎