OROS POEDING
(50 mense)
3 blikkies Idealmelk, oornag in yskas
5 desertlepels gelatien, opgelos in koue water en so ‘n paar sekondes in mikrogolf tot gesmelt
Los op: 5 koppies suiker in 2 ½ koppies kookwater, voeg gelatien by.
Gooi 2 bottels oros (750 ml elk) by stroop mengsel.
Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie.
Klits nou die Idealmelk styf en voeg by bogenoemde. Sit in yskas om te stol.