1,25 kg vrugtekoekmengsel
500 g dadels, fyn gesnipper
500 g verglansde vrugte
125 grooi glanskersies
500 ml brandewyn
500 ml suiker
500 g botter
4 eiers
820 ml koekmeel
5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
3 ml foelie (“mace”)
Dag 1: Meng die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte, kersies en brandewyn saam, bedek en laat staan vir 24 uur.
Dag 2: Voorverhit die oond tot 150°C en voer ’n diep
pan van 26 cm met drie lae bakpapier uit. Draai ’n kraag van
bruinpapier buite-om.
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die vrugte-en-brandewynmengsel by en roer goed.
Voeg die meel, koeksoda, kaneel, gemmer en foelie (“mace”) by en meng
goed. Skep in die voorbereide pan, smeer gelyk en bak vir ongeveer 3
uur of tot deurgaar.
Laat in die pan afkoel. Lewer een groot koek.
Nota: Geen brandewyn hoef ná die tyd oor die koek gegooi te word nie.
Sodra dit afgekoel is, is dit reg om te eet en proe dit of dit vir
maande rypgemaak is.
Die koek hou vir minstens 1 jaar in die ys- of vrieskas (mits lugdig verpak).
Resep genoeg vir 6 klein pannetjies
Resep geplaas deur Rindi Goosen
Foto van klomp pannetjies: Rindi Goosen
Nota
Hier is die veranderings: Al die speserye maak ek 5 ml.
Foelie ruil ek vir gemengde speserye
Gebruik rooi en groen kersies
Voeg 1 k gekapte neute
Bak die pannetjies vir slegs 2 ure teen 150 C
Foto van groot koek: Rita Killian