Ek het weer my Jumbo Sout Tertjies prober. Die resep op die blog het ek bietjie verander vir twee redes.
Die mengsel is brood en melk saam met al die ander by voegsels.
Ek vind die brood en melk maak die tert vir my bietjie papperig.
Ek het deesdae die ding dat gekoopte brood vir my suur proe en ek proe die brood onmiddelik in die sout tert.
Ek het toe n nuwe resep prober en die Jumbo tertjies is so vining op ge-eet ek kon nie eers n foto neem nie maar die voorkoms is dieselfde as my vorige probeer slag so ek wys hoe lyk die Jumbo Sout tertjies.
Ek het die brood vervang met n bindmiddel wat ek gebruik in burger patties wat gekoop word as gedroogte brodd krummels. Hulle se daar is noe soyia in nie. Ek wys n foto hoe dit lyk.
Die resep.
1 Beker of 165 gram Krummels
Melk omtrent n halwe beker net tot die krummels goed nat was en mooi deur gemeng het.
Vulsul was
Uie
Peppers geel en rooi
Gammon, Cheese grillers, Bacon, Russians, Ham en nog
Alles gebraai in botter. Verskoon my pan maar dit is my bak en brou pan.
Ek het op die einde n halwe pakkie bruin uie sop oor die vulsul gestrooi en gelos om te smelt op die vulsul eers na alles gesmelt het, het ek 2 kee deur geroer
Die vulsul my die melk en krummels mengsel gegooi en gemeng.
4 eier geklits en gemeng saam met die vulsul en krummels.
1 beker fyn gerasperde kaas in gemeng. Dieselfde hoeveelheid as die krummels.
Alles uit geskep in die Jumbo muffin bakkies tot amper vold en to bo-op fine gerasperde kas gepak.
In die oond op 180 ºC gebak met die oond fan aan vir 40 minute.
Foto en resep Koos van der merwe