1

KONSERTINA AARTAPPELS

tested

KONSERTINA AARTAPPELS

Koos van der Merwe. Na aanleiding van jou knoffel aartappels & dat jy daarvan hou om te eksperimenteer. Probeer gerus die volgende. Ek noem dit Konsertiena aartappels.
2 tot 3 Aartappels per persoon (potjie of bietjie grooter aartappels geskil/ongeskil.)
1 tot 1 & ‘n half koppie botter,
‘n pak bruin uie soppoeier.

Smelt die botter in ‘n pot, voeg die soppoeier by roer tot glad, dit moenie styf word nie. Sny gleufies in die aartappels pak in oonbak, gooi sop mengels eweredig oor al die aartappels & bak (180grade) tot gaar. Na gelang van die grote van die aartappels begin ek partykeer my gereg as die vuur aangesteek word of as die kole amper reg is vir braai. Dis rerig heerlik en die moeite werd om te probeer.
BRON – Cornelia Bosman Walkinshaw