KERRIE RYSSLAAI
1 kop rou rys
8 halwe ingelegde perskes
1 groot tamatie
1 groenrissie
1/ 2 kop mayonnaise
2 klein uie
2 eetl blatjang
1 tl kerrie
Knippie peri-peri
Kook rys tot gaar. Kap perskes, tamaties en rissie in blokkies en voeg rys by. Meng mayonnaise, blatjang, uie, kerrie en peri-peri goed met rys
Geplaas deur Peter Harry