IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK
Du Plessis Hall Liefie – Ek het ‘n vragie oor SPINASIE!! Iemand het vir my gesê dat indien jy spinasie nat kook is dit bitter. Kan julle my se WAT IS DIE REGTE MANIER van spinasie kook. Dankie
Adam Cloete – Du Plessis Hall Liefie, ek het spinasie al op baie maniere gekook en en het nog nooit bitter spinasie ge-eet nie. Die metode wat meeste mense gebruik is om die spinasieblare af te spoel, en dan net met die nattigheid wat aan die blare is te kook. Roer gereeld en kook net tot al die blare goed verwelk het. Ander metode wat ek al gesien en gebruik het is om die blare vir ‘n paar minute in reeds kokende gesoute water te dompel.
Val Ashbury – Ek doen dieselfde as Adam Cloete ..1 ste metode en nooit bitter gehad nie. Ek braai soms ui so effens en voeg dan bietjie bacon by nadat dit so rukkie gebraai skeep ek uit, gooi olie/vet af en sit dan gesnyde aartappel in – sodra dit gaar is sit ek my gespoelde spinasie by en ui/bacon. Laat net lekker vewelk en roer deur.
Lezette Taljaard – Ek stoom myne – tenmiste behou jy al die vitamines. (So sê hulle)
Nellie De Kock – Kook dit enige metode, maar as jy die sout en peper oorstrooi gooi n halwe teelepeltjie suiker by! Selfs met groenboontjies, die smaak verbeter so.
Quinette du Toit – Ek maak myne ook gaar soos Adam. Die bitter gedeelte is die dik wit “stam” vd blaar. Sny dit uit en jou spinasie sal nooit bitter wees nie
Marieta Matthews – My ma se werkster het altyd bietjie olie of botter by gesit as dit klaar gestoom was. Sy’t gesê dis bitter daar sonder.
Hannie Ackermann Engelbrecht – Sny die stingel uit, kook rukkie, gooi water af, sit aartappel en uie, sout en peper. Gooi bietjie melk in en kook tot aartapoel gaar. Soos ouma dit gekook het
Eloise Potgieter – Stirfry die spinasie. Baie lekker.
Marie Rheeder Troskie – spoel goed af kook en spoel weer af ek gooi ook bietjie room en n kaassous daarby
Bettie Oosthuizen Harmse – Ek kook die spinasie direk in 250 ml room. As verwelk verdik room met pasta van gemaak van mielieblom, koekmeel en melk. Skakel plaat af en krummel fetakaas .sout en peper na smaak i Lekker verby!
Maureen Meyer – Ek gooi so ‘n teelepeltjie asyn in, dit vat die wilde smaak van spinasie weg.
Anthony Raymond – Stirfry dit met beetblare uie en peppers knoffel of bak dit saam macaroni en kaas
Mariette van der Merwe – ek kook 5min, spoel af, kook weer, en spoel weer!
Celia Cronje – Ek sit dit net so in die pot nadat ek dit goed gespoel het met aartappel en uie. Geen water. Maak sy eie water
Ansi Fourie Pypers Fourie – EK SPOEL MYNE GOED AF, VOOR EK KOOK, kook nat, was nog nooit bitter nie.
Joretha Schoeman – Spoel blare af en sny dan die dik wit stingel en die dikste wit are uit. Gooi kookwater op en laat staan vir so 2 min en dreineer. Kook met aartappels en uie in ‘n mengsel van melk en water of net melk. Die wit are gee die bitter smaak. Ek gebruik melk om myne te kook en dit het ‘n heerlike smaak.
Tinkie Theron – Ek sny net die stingel af as dit baie groot blare is en lank is. Ek kook die stingel saam, dis heerlik.Water dit een keer af, gooi skoon water op, sny aartappel en uie by. Kook sag-sout peper en botter. Ken nie bitter spinasie nie. Ook heerlik gebraai saam met uie en tamatie in die pan.
Jaqueline Wright – Ek spoel my spenasie so 4 keer af in die kook proses voor ek my uie en aartappels by sit en as dit sag is spoel ek dit weer af in n vergietes sit botter sout en peper by mash dit soos jy groenbone sal maak
Rina Kleinhans
Ek braai my uie en sampioene saam, dan gooi ek meel oor tot ek ‘n stywe dik sous het, dan gooi ek bietjie bietjie melk by tot ek ‘n lekker dik wit/sampioensous het, dan gooi ek my gekerfte geblansjeerde spinasie by en laat net deur kook, gooi bietjie neutmuskaat by en proe vir die sout en voila… heerlike spinasie.. ek blanjeer die spinasie deur kookwater oor dit te gooi dat dit verwelk en dan dadelik in yswater… dan bly dit pragtig groen in jou gereg
Nota: jy kan feta grof in breek aan die einde, en net deurroer
Mariska Drotskie Du Plessis
Ek stoom myne in mikrogolf dan braai ek ‘n ui en gooi spinasie by dan “n blikkie tamatie relish baie peper en sout en laat prut tot nie meer waterig nie dan gooi ek hele homp botter in en braai. Kinders mal daaroor en wil nie op ander manier eet nie. Jy sal nie glo nie maar heerlik op botterbroodjie die volgende dag *as daar oorgebly het natuurlik
Andri du Toit
Maak spinasie gaar en druk water uit. Meng n houertjie suurroom met n pakkie wituiesoppoeier n teel mosterdpoeier en koppie gerasperde kaas. Smeer oor blaardeeg en rol op. Verf met eier en bak. Ek versier altyd rol met uitgedrukte prentjies.
Annelie Janzen
Ek maak spinasie gaar, hou eenkant, braai ui en bacon tot gaar meng met spinasie sodra uie en bacon gebraai is,skep op deeg,strooi kaas oor,maak toe met deeg en smeer deeg met geklitste eier en bak in oond tot deeg ligbruin en gaar is wala heerlik!!!