EMMERENTIA KOEKIES
Lekkerste koekies vir kersfees tyd is Emmerentia koekies
Bron on bekend maar ek het dit oor die jare my eie gemaak en my skoonseun dink dit is die beste
5 koppies koekmeel
5 koppies hawermout (oats)
5 koppies klapper
2 koppies rosyne
2 eiers
2 teelepels koeksoda opgelos in 1 eetlepel kook water
Meng die volgende saam:
500 gram stork bake margarien
3 koppies suiker
4 eetlepels goue stroop
Smelt die suikermengsel in ‘n pot tot die suiker heeltemal gesmelt is (laat afkoel).
Voeg die koeksodamengsel by die afgekoelde suikermengsel.
Meng droë bestanddele goed saam in ‘n mengbak.
Voeg nou suikermengsel en eiers om die beurt by die meelmengsel tot alles gemeng is. Rol in balletjies en bak ongeveer 15 minute in oond 180ºC.
Maak ongeveer 150 koekies
Resep : Louis En Nelsie Fritz
Foto: Carol Visser
Geskuif