CORRIE SE KERRIEBOONTJIES
Kerrie bone beproef en heerlik.
1 kg gekerfde groenbone
2 groot uie
Kook vir 15-30 min in water.
Look net vinnig, kook vir so 15 min stadige hitte so bietjie langer die bone moenie pap sag wees nie kan nog effens aan die harderige kant wees want die asyn maak hom sagter hoe langer dit staan.
Sous:
kook saam 1/2 bottel asyn
1 eetl mosterd
1 eetl kerrie
1 1/2 eetl meel of mazina
sout na smaak
1 kop. suiker
Gooi oor bone, kook ±15 min.
Bottel warm – geniet!
Resep: Corrie Joubert