TAMATIE BREDIE MET LAMSNEK
Ek gebruik wat ek in die huis het
dit was 2 blikke heel tamaties opgekap,
tamatie paste,
bruin uie sop,
uie en wortels, aartappels peper, garlic & herb spice, lam nekkies.
Braai jou vleis tot goud bruin haal uit en dan braai jou ui tot bruin en sag. Gooi weer jou vleis in en aartappels, wortels. Sit in tamaties en paste. Ek meng die sop, speserye saam met water en gooi in pot met vleis aartappels wortels etc. en laat stadig prut of bak in oond tot vleis sag en groente gaar is. Ek gooi ook ‘n bietjie suiker in om die suur van tamatie te breek.
Nog n bylas weet julle hoe lekker is dit met jasmin fragrant rys uit die boeke (sticky rice)
BRON- Ingrid Mouton