Sif helfte van die strooisuiker en kakao saam. Hou eenkant
Klits die eierwitte en kremetart saam tot dit sagte punte vorm. Voeg die res van die strooisuiker lepel vir lepel by en klits tot styf en blink. Vou die kakaomengsel en die vanilla in.
Skep in die voorbereide pan en maak gelyk. Bak ongeveer 25minute.
Strooi strooisuiker oor n skoon vadoek en keer die rol daarop uit. Laat die rol effe afkoel en trek dan die bakpapier af. Sny die kante gelyk en rol op met die vadoek. Laat heeltemal afkoel.
Vulsel:
500 ml natuurlike jogurt, oornag dreineer
500 g vars kersies, ontpit.
Rol oop, smeer jogurt oor en strooi die kersies oor. Rol weer op
Foto: Christa Vd Heever Grobbelaar
geskuif