LAMSVLEIS EN NIETJIEPASTEI
1 rol skilferkors deeg
6-8 skaap niertjies skoongemaak en in blokkies gesny
200-300 gram lamsvleis in blokkies gesny
1 eier geklits om deeg mee te smeer
1 groterige gekapte ui
1 tamatie opgekap
+- 1/4 kp balsamiese asyn
+- 1/4 kp bruin asyn
1 eetl gekapte knoffel
4 sampioene ( wit ) geskil en in skyfies gesny
1 teel mixed herbs
1 teel chillie flakes
1 eetl suiker
sout en swartpeper na smaak
Braai die vleis saam met uie en bruin asyn , voeg bietjie water by saam met tamatie en sampioene en knoffel en peper en kook tot sag
Braai niertjies effens apart in ‘n pan, voeg dit dan by die vleis saam met aldie ander speserye en suiker en roer goed voeg ‘n bietjie water by as daar nie genoegsame sousie is nie en koel af
Rol die deeg effens uit en sny in ses ewe groot blokke
Skep die vulsel op die deeg en smeer die rante met eier vou toe en druk vas met ‘n vurk plaas in ‘n oondpan wat gesmmeer of gespuit is
Smeer eier bo oor die deeg en bak in n voorverhitte oond op 200 grade c vir +- 30 min
Resep en Foto: Gideon Louw