Dankie aan Franco Dippenaar vir die idee met die blaardeeg en maalvleis. Ek het lekker boerewors in vrieskas gehad en dit uit casing gedruk. Ui gebraai en worsvleis bygevoeg. Gaar gekookbraai, toe gevriesde gemengde groete bygevoeg en gekook vir so 10 min
Verdik met pakkie bruinuie sop wat ek met koppie water gemeng het en lekker deur gekook het. Afgekoel en in blaardeeg sirkels geskep. Rante van deeg natgemaak en halfmane gevou. Die pasteie met geklitste eier geverf en 20 minute op 190 in my thermofan oond gebak. Ons aandete:- korniese pasteie met mengelslaai!
Bron- Franco Dippenaar
FOTO- Steph Kirchner