GEURIGE GEMENGDE GROENTE
2 kg growwe gemengde groente
250 g vars sampioene
250 g ontbyt spek. (Opsioneel)
2 uie gesny
2 pakkie wit uiesoppoeier
500 ml vars room
¾ koppie gerasperde kaas
2 eiers
Giet kookwater oor groente en laat staan vir ‘n paar minute. Dreineer goed in vergites. Braai spek, uie, en sampioene en meng met die groente. Plaas nou groente in oondbak. Klits room, eiers, en poeier saam en voeg helfte van kaas by. Giet oor die groente en res van kaas bo oor. Bak in oond op 180 ºC totdat room mengsel verdik het. Bedien dadelik.
Resep en foto van Ronel Muller Thoma