1

ELAINE SE SOUTTERTJIES

 

2014-11-06-soutt_dfgtested
ELAINE SE SOUTTERTJIES

Bestanddele:
1 Brinjal
1 van elk, groen, rooi en geel rissie
60ml charlot uie
60ml fyngekerfde rooi ui
2 koppies fyngekerfde baba spinasie
2 groot knoffelhuisies (fyngekap)
1 en ½ koppie gerasperde cheddar kaas
1 pakkie knopie sampioene grof gekap
2 groot geklitste eiers
1 pakkie bacon
4 rooi worsies fyngesny
50ml sterk chutney (hot)
1 pakkie sampioen soppoeier
1 bossie gekapte Italiaanse pietersielie
(ekstra geraperde kaas)

Metode:
Braai die bacon en worsies en hou eenkant
Roerbraai al die ander bestandele (behalwe die pietersielie) in dieselfde pan waarin die bacon gebraai is
Wanneer die groente reg is plaas die bacon en worsies terug in die pan en gooi die soppoeier en chutney en geklitste eiers by, roer goed deur.
Voeg nou die 1 en ½ koppie kaas en pietersielie by en meng.
Skep in “muffin” pannetjies, strooi kaas oor en bak in oond teen 180 tot mooi bruin.
As ‘n ligte ete, bedien met ‘n groenslaai.
RESEP: Elaine Schoeman
FOTO:  DFG