DIRK SE MIELIETERT
Hierdie is lekker saam met braaivleis
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180 ºC tot goudbruin.
FOTO: Eileen Zeelie Ackermann en Marie Rheeder Troskie
Anne Snyman
Ek het dit vannaand gemaak by ons braaivleis, gebraaide uie bygevoeg en dit was heerlik. O ja, en ek het geen suiker bygevoeg nie, aangesien die sweetcorn self soet is. Ek het ook kaas ingesit. Dit was heerlik.
Veronica Kern
Hierdie is die lekkerste resep. Regtig nie room nodig nie. Ek gebruik altyd 1 blik geroomde mielies en 1 blik heelpit mielies.
Meisie Van Der Colff
Gisteraand het my dogter die mielietert gebak vir ‘n braai vanaand. Sy het 1 blikkie ekstra mielies bygesit om groter tert te maak so die bestanddele was 3 blikkies, 6 eiers en die res 100ml bakpoeier 20 ml gemaak.
Chante van der Colff: Gisteraand het Chante die mielietert gebak vir ‘n braai vanaand. Sy het 1 blikkie ekstra mielies bygesit om groter tert te maak so die bestanddele was 3 blikkies, 6 eiers en die res100 ml bakpoeier 20 ml gemaak.
Ons braai nogal gereeld en mens raak moeg vir slaai – maar hierdie is ‘n wonderlike idee vir bykos by ‘n braai en dit is heerlik. Het hom in die mikrogolf gebak vir +- 15 min
Gerda Venter
Ek het hom ook al gemaak en was heerlik. Het juis vir my man gese oor diw naweek ek is weer lus vi hom. Is so vinnig gaan hom sommer in die week maak na ek van die werk afkom. Heerlik verby
Suemeria Nel
Iemand het noudie dag “Dirk se mielietert” resep op die op die groep gepost… Ek het vir my man se verjaarsdag partytjie Saterdag vir so 20 mense mielietert gemaak, 2 GROOT glas bakke vol… Almal het gevrek oor die mielietert, hulle kon nie genoeg kry nie!!! Baie baie dankie aan daai persoon wat die resep op gesit het, dit was my 2de probeerslag om mielietert te maak en dit was ‘n groooot sukses!!!