BROCCOLI TERT
1 ui, gekerf
8 sampioene, gekap
8 snye ham of spek , gekerf
125 ml room
125 ml water
4 eiers
250 ml kaas, gerasper
500 ml fyn broccoli
Voorverhit oond tot 180ºC. Braai die sampioene en ui en spek tot sag in botter.
Voeg die res van die bestanddele by en meng.
Gooi in gesmeerde oondskottel en bak vir 50 minute tot gestol.
Geplaas deur Corinne Moore Gelderblom
Foto: Salomé Bothma
Nota: Al verskil ek het ‘n 250 ml room gevat en ‘n klein bietjie water om room houertjie uit te spoel. Ek het sommer ‘n hele houer gesnipperde sampioene gevat en dieselfde met die spek