NOUGATKOEK
Lewer 1 vierlaagkoek
Verkoeltyd: oornag
VULSEL
250 g botter
60 ml (¼ k) strooisuiker
1 blik (385 g) kondensmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 ml (¼ t) amandelgeursel
5 ml (1 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) kremetart
15 ml (1 e) gelatien,
gespons in 50 ml water
375 ml (1½ k) kombinasie van glanskersies, ingelegde gemmerstukke en gekapte neute
KOEK
2 gekoopte sponskoeke, elkeen in die helfte gesny
versiersuiker vir afronding
Spuit en voer ’n koekpan van dieselfde grootte as die sponskoeke met bakpapier uit
Vulsel Verroom die botter en suiker. Klits die kondensmelk, vanielje- en amandelgeursel, suurlemoensap en kremetart by.
Smelt die gelatien en giet stadig by die mengsel terwyl geklits word.
Vou die vrugte en neute by die mengsel in.
Koek Plaas ’n koeklaag onder in die pan en smeer ’n laag van die vulsel oor plaas nog ’n koeklaag bo-op. Herhaal tot al die vulsel opgebruik is eindig met ’n sponskoeklaag.
Druk goed vas in die pan en plaas oornag in die yskas.
Ontvorm en stuif met versiersuiker.
Foto : Suenell Liebenberg