MAMMA TILLIE SE POEDING
Meringue laag of groot meringue, karamelkondensmelk, geklitste room, kiwi vrugte en aarbeie. Herhaal soveel keer jy wil. Dit is absoluut heerlik!
Ons het ‘n produk hier in Nam by die Duitse produkte met die naam Sahnestif wat jy by jou room inklits, dan bly dit styf.
Dan ook, moenie geblikte vrugte gebruik nie, dit maak alles pap. Op ‘n groot meringue kan jy een blik kondensmelk gebruik, anders raak dit te soet. Jy kan ook ‘n bakkie met grenadilla moes neersit wat elkeen self kan oordrup. Die suur daarin balanseer alles baie mooi.
Mens kan maak net wat jy wil: neute, sjokolade, net soos jy wil. Hierdie kombinasie is egter ‘n wenner.
Tillie von Solms
Die piesangs is net uitgelos en dis die heel belangrikste vrugte. daar is omtrent 8 gesnyde piesangs ook in.
Resep en foto: Annelore Von Solms Joubert