HEERLIKE PATATS SAAM MET SNOEK
Halveer die patats in die lengte laat hulle mooi plat lê, dan maak ek maar genoeg gesmelte botter om net lekker genoeg oor te kan verf so 2 – 3 keer in die gaarmaak proses. dan sit ek maar die kaneel na smaak by die gesmelte botter en so klein bietjie sout.
Ek sou dink so 1 teelepel kaneel op ‘n koppie botter, nou moet mens maar aanpas na gelang van die hoeveelheid patats wat jy wil doen, dit is genoeg vir so 12 halwes ongeveer.
Maak jou oond so 180°C, pak die patats plat, skil onder, verf hom lekker, en sit in die oond, verf die botter so elke 15 – 20 minute oor en bak verder tot die patats lekker sag is.
Vir ‘n soeter weergawe kan mens bietjie heuning by die botter smelt.
Die geel borrie patat is die lekkerste om so te maak.
Yummies verby. Die botter wat oorbly kan mens net weer in die yskas bêre tot jy dit weer wil gebruik.
Resep: Rina Kleinhans