1

ELSABIE SE “KFC” HOENDER

 

elsabie se kfctested

ELSABIE SE “KFC” HOENDER

My gesonder weergawe van *spicy KFC hoender stukke met aartappel wiggies, Brusselse spruitjies met spek en butternut met kaneel vir aandete vanaand.

*ek meng Chilli Bite Mix poeier met gedroogde brood krummels.
Rou hoender stukke
1 eier
1/2 kp jogurt

Die hoender stukke word eers in meel gedruk, dan in geklitste eier gemeng met ongegeurde joghurt gedoop en dan in die krummel mengsel gedruk voordat dit in ‘n warm oondpan met gesmelte klapper olie gebak word tot gaar (draai halfpad om). Die aartappels word eers half gaar gemaak en dan saam met die hoender gebak.

Elsabie Templeton