DRIE BOONTJIESLAAI
1 blik gebakte bone gedreineer
1 blik botterbone gedreineer
1 blik gesnyde groenbone gedreineer
1 blik rooi nierbone gedreineer
1 ui in skywe gesny
1 groen rissie in skywe
Slaaisous
100ml olie
75ml bruin suiker
200ml witasyn
5ml droë mosterd
5ml basiliekruid
5ml droë pietersielie
3ml sout
2 ml peper
Meng als saam behalwe slaaisous
Skud slaaisous bestanddele in shaker gooi oor slaai seël en verkoel
Gepos deur: Ria Jacobs