WORS FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
1 groot pak boerewors (omtrent 700 g)
3 eetlepels uie en tamatie smoor
1 groot knippie fyn naeltjies
5 ml fyn koljander
10 ml Ina Paarman gegeurde sout
Druk wors uit velletjie uit en meng alles saam. Maak bolletjies en bak op 180°C in die oond.
Ek het dit 15 minute gebak en toe uitgehaal en al die vet afgegooi, en toe weer vir 15 minute gebak.
Toe weer vet afgegooi en dit bietjie gegrill, so 5 minute. Ek het 20 frikkadelle uitgekry.
Resep en foto – Louise Groenewald