DALEEN SE “SPANPOGING” BEESSTERT
Stowebeesvleis
Maer maalvleis
Vars gemengde groente
Knippie fyn naeltjies
5ml fyn koljander
5ml Ina Paarman gegeurde sout
Pepper steak pie gravy poeier
1 rol blaardeeg
My vleis was omtrent 2,5kg in totaal, dit was dus ‘n baie groot pastei. Ek vries die helfte. Pas hoeveelhede aan na jou behoefte. Die Pepper steak pie gravy poeier koop jy by bakwinkels. Daar is ook gewone bief geur en bief en uie geur, steak & kidney, almal baie lekker. Die gemengde groente wat ek gebruik het was die tipe wat jy koop om sop mee te maak. M.a.w. dit was ‘n mengsel van botterskorsie, wortel, uie, aartappel en seldery. ‘n Heerlike kombinasie vir jou pastei. Ek is al so bietjie moeg vir die ertjie/mielie/wortel gevriesde mengsel.
Maak alles, behalwe die gravy poeier, in die drukkoker gaar tot lekker sag. Verwyder die vleis se bene en sny dit klein op. Dit sal ‘n sous vorm in die pot. Ek het die sous eers afgegooi en toe die vet afgeskep. Gooi die sous dan terug by die vleis en meng die gravy poeier daarby. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en kook deur vir omtrent 5 minute tot lekker gebind.
Plaas vleis in oondskottel en laat effens afkoel. Rol die deeg effens dunner uit en plaas bo-oor die vleis en druk ‘n paar gaatjies in sodat stoom kan ontsnap. Bak vir ± 30 minute op 200ºC.
Eie resep – Louise Groenewald